
Hierdie boek is geskik vir leerders in die Grondslagfase.
Chloe October
Bridget Roland
Annelize Saxon
Suzelle Scheepers
Chante van Schoor
Senithea Vermeulen


Ben is baie opgewonde. Hy gaan vir die vakansie op oupa Jan se plaas gaan kuier. "Ek kan nie wag om oupa Jan se plaas te sien nie. Dink net aan al die verskillende diere wat daar gaan wees!", sê Ben.




Toet-toet-toet! "Mamma, mamma, dis oupa Jan", skree Ben en hardloop na buite. "Nie so haastig nie Ben, wat van jou bagasie?", roep Mamma uit, maar Ben is alreeds buite. Sy laai toe Ben se bagasie in oupa Jan se blou motor.
"Ben jy moet gehoorsaam wees aan oupa Jan en jou vakansie geniet", sê Mamma. En daar vertrek oupa Jan en Ben.



Met hul aankoms op die plaas, besluit Ben om 'n draai te stap op die plaas. Skielik hoor Ben 'n geluid.........
"Wat kan dit wees?", vra Ben.
"Ek is Vlossie die vark en ek hou daarvan om in die modder te rol", sê sy.
"Hello Vlossie vark, ek is Ben en ek gaan vir die vakansie by oupa Jan kuier", sê Ben.
"Wel, ek hoop jy gaan jou vakansie hier by ons geniet", sê Vlossie vark en rol verder in die modder.



Ben besluit toe om verder te loop. Terwyl hy loop hoor hy 'n geluid.....
"Wat kan dit wees?", vra Ben.
"Ek is Pietie die perd en ek hou daarvan om strooi te eet", sê hy.
"Hello, Pietie perd. Ek is Ben en gaan vir die vakansie by oupa Jan kuier, sê Ben.
"Wel ek hoop jy gaan jou vakansie hier by ons geniet, sê Pietie perd en eet verder aan die strooi.
- Full access to our public library
- Save favorite books
- Interact with authors

Hierdie boek is geskik vir leerders in die Grondslagfase.
Chloe October
Bridget Roland
Annelize Saxon
Suzelle Scheepers
Chante van Schoor
Senithea Vermeulen


Ben is baie opgewonde. Hy gaan vir die vakansie op oupa Jan se plaas gaan kuier. "Ek kan nie wag om oupa Jan se plaas te sien nie. Dink net aan al die verskillende diere wat daar gaan wees!", sê Ben.




- < BEGINNING
- END >
-
DOWNLOAD
-
LIKE
-
COMMENT()
-
SHARE
-
SAVE
-
BUY THIS BOOK
(from $2.99+) -
BUY THIS BOOK
(from $2.99+) - DOWNLOAD
- LIKE
- COMMENT ()
- SHARE
- SAVE
- Report
-
BUY
-
LIKE
-
COMMENT()
-
SHARE
- Excessive Violence
- Harassment
- Offensive Pictures
- Spelling & Grammar Errors
- Unfinished
- Other Problem
COMMENTS
Click 'X' to report any negative comments. Thanks!